Testimonials
Good day Mrs De Jager

This is to thank you heartily for the session we had together yesterday. Must tell you I left the office relieved because of the reassuring manner in which you treated me. Before meeting you I was really in a terrible state until my daughter spoke about your professionalism and the passion you have for your work.

Thank you, thank you, thank you!

Phumla Satyo
November 2017
Goeie middag julle

Ons wil net graag baie dankie sê vir julle ongelooflike diens met ons onlangse eis. Sedert ons terug is van Nieu Seeland af is dit vir ons opvallend hoe baie mens met swak diens te doen kry in SA. Proverte is egter 'n uitsondering op die reël. Sedert ons jare terug ons versekering oorgeneem het na julle toe, het ons nog net die beste diens gekry. Julle is vriendelik en professioneel en julle personeel is goed opgelei en weet wat hulle doen. Ons kry keer op keer meer as waarop ons gehoop het. Julle loop werklike die spreekwoordelike ekstra myl saam met julle kliënte.

Baie dankie daarvoor. Wees verseker dat ons vir al wat leef en beef van julle vertel.

Johan en Esja Mathee
Junie 2017

Beste Jessica

Ons wil graag vir jou baie dankie sê vir jou uitstekende diens en al jou hulp met ons aansoek by RMB vir finansiering. Jy het baie meer as jou deel gedoen, wat verseker dat ons 'n Maatskappy soos Proverte se diens as uitstekend beskou en met vertroue mense na julle toe sal verwys.

Nogmaals baie dankie

Johan en Esja Mathee
Februarie 2017

Andro, dankie dat jy bereid is om ons as kliënte aan te vat, asook vir die eerlike en baie waardevolle raad. Vir die eerste keer in my lewe voel ek in my gut dat die regte issues aangespreek word. Ek kan nie help om te dink aan wat sou gebeur het as ons nie die geselsie gehad het nie - ek was in vir 'n groot verrassing wanneer ek eendag wil aftree, en dit nadat ek dit al ge-query het met my vorige adviseur!

Jabez Steenkamp
Junie 2016

Ek glo nie ek praat te vroeg nie en moet eerlikwaar sê dis die eerste gesprek in hierdie opsig wat ek met iemand gehad het waar ek nie gewonder het oor die persoon aan die ander kant van die tafel se intensies nie. Jou filosofie maak sin en ek het gevoel (en weet) jy wil ons help; dankie daarvoor!

Willem Coetzee (CEO - Kromco)
April 2016

I thank God that I met you years ago, because of finance and investments I didn’t know.
The advice you gave us, to say the least, turned out to be a wonderful feast.
The respect you show clients is as good as it gets, and one gets to love you like one loves one’s pets.
Investments were never my forté in life, but with your knowledge you impress even my wife.
Our money has grown from just a small seed to much more than we, in our lifetime, will need.
Thanks for the trust and advice that we got, ‘cause to us it really means a lot.
Good luck in the future. You’re a gem hard to find and on top of it all, gentle and kind.
Keep growing our money and doing your best and always remember: God does the rest.

Mark and Ronel Plaut
October 2015

Ek wil ook graag vir jou dankie sê vir baie goeie diens en goed deurdinkte advies wat jy my die afgelope vyf jaar gegee het. Ek is nie spyt dat ek aan jou deur geklop het nie, daarsonder sou ek beslis nie wees waar ek nou is met my finansies nie. 'n Profeet word nie in sy eie land geken nie en in jou geval dink ek dis tog so waar.

Voorspoed met jou besigheid en mag dit van krag tot krag gaan!

Uittreksel uit epos van H C Strauss van Strauss Eiendomme
Ons is so dankbaar teenoor Willie wat ons darem op die regte pad kon stuur en bestuur die afgelope paar jaar. Dankie vir dit wat jy vir ons finansiele sy beteken het die afgelope paar jaar. Jy het ons gemotifeer om weg te sit soveel ons kon en vandag is ons bly daaroor.

Weereens dankie vir jou aandeel in ons finansies...

Uittreksel uit epos van S Marias van Robertson
Baie dankie vir jou goeie raad en leiding oor die afgelope jare. As ek terugkyk na die impak wat jou insette die afgelope drie jaar het op die opbrengste en groei van ons beleggings, dan weet ek dat ons een baie goeie besluit oor ons eie toekoms geneem het, naamlik die besluit om jou as ons adviseur aan te stel!. Ons het baie groot vertroue in jou.

Uittreksel uit epos van N Zaaiman van Kleinmond
Wil ook net weereens vir jou bedank vir die uitstekende diens wat ons vanaf Proverte kry en dit sluit in Anel en Carine. Ek en Anne-Maré is baie tevrede met hoe julle ons geldsake hanteer.

Mnr Ian de Witt
Firstly I think it is important to record that thanks to your excellent advice I am well ahead of my targets. When I retired in 2005, I was hoping that I would not have to start using more than 2,5% of my L.A. before the age of 65. Now it looks like I will not have to do so before the age of 70+......Please also pass my greetings and best wishes on to your team at the office who are unfailing in their excellent service.

Extract from email from R Gush from Somerset West
My hele toekoms het waarde gekry nadat ek met Andro kontak gemaak het. Sy visie, belangstelling en voortdurende raad het groot sekerheid in my toekoms gebring. Sedertdien volg ek net sy raad, met oorgawe en vertroue.

R Steyn, Hoofbestuurder, Porfert Kaapstreek
Ek kan net my opregte waardering uitspreek vir die toegewyde en eerlike wyse waarop Andro en sy span my sakebelange behartig het oor die afgelope vier jaar wat ek hom ken. Sy kennis van die finansiële mark en die implikasies van beleggings het my gemoedsrus besorg in ‘n wêreld waarvan ek geen kennis dra nie. Sy simpatieke en altyd bereidwillige bystand en raad het gesorg dat ek ‘n kommerlose aftrede kan geniet!" Andro het onbetwisbare integriteit bewys in al ons onderhandelinge. Ek kan hom ten sterkste aanbeveel vir enige finansiële raad en/of beheer van persoonlike geldsake

L Mostert
Ons wil jou graag gelukwens met die professionele en betroubare diens wat jul maatskappy lewer. Van "small beginnings" het julle met harde werk en integriteit die maatskappy gevorm en gebou tot waar julle vandag is. Ons het groot waardering vir jul beleid van konserwatiewe en ingeligte besluitingneming en dat jy met omsigtigheid en verantwoordelikheid omgaan met die geld wat aan jou toevertrou word. Veral jou integriteit is n riem onder die hart en maak dat ons jou ten volle kan vertrou... Ons beskou dit as n voorreg om jou as finansiële raadgewer te hê. Voorspoed en sterkte vir jul maatskappy vorentoe, ons glo julle sal van krag tot krag gaan.

Frans & Linda Malherbe - Pensioenarisse van Stilbaai
Dankie Jeanine vir jou vriendelike gesels, verstaan, hulp en terugvoer. Toe ek byna 25 jaar gelede by Willie Griessel aangesluit het met my korttermyn versekering en meer het ek nie geweet dit gaan so 'n lang pad wees nie. Dit is wanneer mens onnodige eise kry wat nie jou toedoen is, en jy word uitbetaal, dat jy besef, al die maatskappye wat jou bombardeer met hul beter opsies en goedkoper premies, kan nie by diens uitkom wat julle span my deur al die jare gegee het nie. Ek sal maar lojaal bly solank ek kan.

Sê dankie vir Sonja wat ook soms moet instaan vir jou.

Louis Koen
Sonja, I would just like to thank you for your efficiency and effort regarding the replacement of my car windscreen. I really appreciate how quickly you made everything happen! And how helpful you were when assisting me. Thank you for being so kind and following up on the work of the glass replacing people. Your efficiency and effort is honestly admirable! Thank you for being so welcoming and being the best problem solver!

You're a gem blessing to your company! May they treasure the prime work you do and all the effort you put into ensuring a happy client! Too much appreciation and respect for what you have done for me this past year!

Shael Heydorn
Somerset West | Worcester | Bredasdorp | Paarl | Johannesburg
Tel: 021 850 0471 | Mail to info@proverte.co.za
All rights reserved ProVérte Wealth & Risk Management 2016 | Powered by SucceedGroup