Met die skryf hiervan verhandel die Rand teen ongeveer R14.90 teenoor die Doller. Net 2 weke gelede het die Rand egter op R15.40 teen die doller, die swakste vlak in 2 jaar, gesluit. Die verswakking van die rand het die gebruiklike emosie by almal opgewek met die gepaardgaande oproepe om te hoor of ons genoeg fondse aan buitelandse bates blootgestel het en of ons nie maar nog meer moet “uitvat” nie…want dit is mos “eenrigting verkeer van hier af, die Rand gaan net aanhou verswak”. Is dit nie wat mense van die Springbokke ook gese het nie, en daar gaan wen hulle wraggies IN Wellington.
Ek het bietjie gaan kyk na die mees ekstreme verswakkings in die Rand sedert 1992 en die volgende tabel opgestel. Die kriteria vir kwalifikasie was dat daar moes ‘n 20% of meer verswakking van die Rand teenoor die Doller gewees het in minder as ‘n jaar. Die rand is eenvoudig te wisselvallig om na 10% verswakkings te kyk. Terloops, wanneer ek praat van die Rand wat 20% verswak teenoor die doller bedoel ek eintlik dat die Doller 20% VERSTERK het teen die Rand. Dit klink na dieselfde ding, maar dit is nie. As die Rand 100% moes verswak teenoor die doller sou dit beteken dit is niks werd nie. Wanneer die doller 100% versterk teen die Rand (soos wel in 2000/2001 gebeur het) beteken dit egter slegs dat jy dubbeld soveel rande moet betaal om ‘n doller koop of dat die Rand se waarde halveer het teenoor die Doller.
‘n Paar goed wat vir my uitstaan uit bogenoemde tabel en ander navorsing in die verband is die volgende:
Voor ek sê wat ek dink dit vir jou as belegger of besluitnemer (waar die wisselkoers ‘n rol speel) beteken is dit net weer belangrik om te noem dat ek geen idee het of ons die einde van die huidige siklus van verswakking gesien het nie en soos altyd is daar nie iets soos SEKERHEID nie. Die geskiedenis het ons wel al die volgende wys gemaak:
Alhoewel alle moontlike sorg geneem is met die opstel van hierdie dokument kan die feitelike korrektheid van die inligting hierin vervat, nie gewaarborg word nie. Hierdie dokument behels nie advies nie en enigiemand wat enige finansiële optrede beoog op grond van hierdie dokument, word sterk aangeraai om eers met sy/haar persoonlike finansiële adviseur oorleg te pleeg. ProVérte Wealth & Risk Management is ‘n gemagtigde finansiële diensverskaffer met FSP no. 5966.
True to company culture, Samuel strives to build solid long term relationships with clients and has a meticulous way of identifying needs, defining goals and compiling an executable plan to reach one's goals. He firmly believes that one has to be a specialist in one's field to be able to add value, and continuous training & education is therefore paramount. To be objective and to have an independent approach to a client's planning is critical to make a difference.
Born & bred on a farm in the Montague region, Samuel matriculated in 2001 from Montague High School. He completed his BComm Honours degree in Business Management as well as his Postgraduate & Advanced Diploma in Financial Planning. Samuel is a CFP charter holder. Apart from a short stint at an agricultural company Samuel has spent his whole working career with ProVérte. Samuel is a shareholder and valuable member of the board of directors of ProVérte.