Waarom jy dalk ’n dekade se opbrengs moet ignoreer
Deur Andró Griessel
29 Augustus 2020
So ’n paar jaar gelede praat iemand my om om aan die Karoo-tot-Kus-bergfietswedren deel te neem. Jy’s mos taamlik fiks, sê hulle. Die profiel wys dit is afdraand en jy sal dit baie geniet, sê hulle.
’n Paar maande voor die tyd kommandeer ek ’n paar mense op. Maar soos die tyd nader kom, raak die verskonings al hoe meer en uiteindelik tree ek aan in my groepie van een op ’n fiets wat van die 1990’s dateer en van dieselfde materiaal gemaak is as waarvan hulle kerkklokke maak, kompleet met remblokkies (wat ek later uitgevind het die hele pad teen my voorwiel geskuur het).
Lang storie kort, ek maak amper 8 uur later klaar met ’n gemiddelde hartklop van meer as 180 per minuut, seer boude en visioene van mense wat lank reeds dood is.
Prestasie, of somtyds net om klaar te maak waarmee jy begin het, verg swoeg en opoffering.
Dit bly my dus altyd verstom hoe baie beleggers reken dat bogemiddelde langtermynprestasie haalbaar is sonder om soms lang tydperke van swak prestasie te aanvaar.
Die geneigdheid om agter die reënboog (die ekwivalent van net afdraande ry) aan te hardloop, is uiters diep gewortel in ons psige en ek wil my verstout om te sê ons is in ’n tydperk waar baie beleggers onlangs ingeskryf het vir die buitelandse beleggingsrit met sterre in hul oë en verwagtinge dat dit een lang, egalige afdraand gaan wees.
Waar kom hierdie indruk vandaan?
Veral die laaste twee syfers kry tans baie aandag in die media.
As dit afdraande is van Uniondale na Knysna, maak dit saak hoe die pad tussen die twee punte lyk, vir hoe lank die opdraandes duur en of jy fiks genoeg is om die eindstreep te haal?
Natuurlik maak dit saak.
Net so maak dit saak dat jy as belegger die héle prentjie moet sien en verstaan voordat jy jou hand opsteek vir ’n langtermynbelegging.
Waarom is ek skepties oor of beleggers wat nóú hul buitelandse blootstelling wesenlik vergroot, die rit gaan hê wat hulle verwag? Sien die bygaande grafiek van die S&P 500 se prestasie oor die afgelope 25 jaar en let dan op die volgende:
Alles wat ek (en derhalwe jy) oor die laaste paar maande lees in die media oor die saak vír buitelandse beleggings, verwys na die tydperk A tot H of E tot H en dan boonop asof dit ’n reguit lyn is.
Dit is egter belangrik dat ons ook praat oor B tot C, D tot E en B tot F, want so waar as vet, dié gaan vroeër of later ook jou voorland wees.
Neem dus die bedrag wat jy tans oorsee het of wat jy oorweeg om te skuif, pas die syfers daarop toe en vra jouself af of jy sal kan aanhou trap teen hierdie bulte uit.
’n Paar opsommende gedagtes:
Andró Griessel is ’n gesertifiseerde finansiële beplanner en besturende direkteur van ProVérte Wealth & Risk Management. Kontak hom by info@proverte.co.za. Hy skryf gereeld vir Sake.
Alhoewel alle moontlike sorg geneem is met die opstel van hierdie dokument kan die feitelike korrektheid van die inligting hierin vervat, nie gewaarborg word nie. Hierdie dokument behels nie advies nie en enigiemand wat enige finansiële optrede beoog op grond van hierdie dokument, word sterk aangeraai om eers met sy/haar persoonlike finansiële adviseur oorleg te pleeg. ProVérte Wealth & Risk Management is ‘n gemagtigde finansiële diensverskaffer met FSP no. 5966.
True to company culture, Samuel strives to build solid long term relationships with clients and has a meticulous way of identifying needs, defining goals and compiling an executable plan to reach one's goals. He firmly believes that one has to be a specialist in one's field to be able to add value, and continuous training & education is therefore paramount. To be objective and to have an independent approach to a client's planning is critical to make a difference.
Born & bred on a farm in the Montague region, Samuel matriculated in 2001 from Montague High School. He completed his BComm Honours degree in Business Management as well as his Postgraduate & Advanced Diploma in Financial Planning. Samuel is a CFP charter holder. Apart from a short stint at an agricultural company Samuel has spent his whole working career with ProVérte. Samuel is a shareholder and valuable member of the board of directors of ProVérte.