How scared should you be of the CGT-monster?
September 10, 2021

Hoe bang moet jy wees vir die KWB-monster?

Hoe bang moet jy wees vir die KWB-monster?

Wees maar versigtig vir die rondomtalie-denkproses met taks

Deur Andró Griessel

21 Augustus 2021

Die beginsel om belasting, wat die een of ander tyd betaalbaar raak, so lank moontlik uit te stel, is gegrond op die werklikheid dat daar ’n geleentheidskoste daaraan verbonde is om belasting nóú te betaal en die groei op daardie “verlore” belegging in die toekoms prys te gee.

Wat egter in die praktyk gebeur, is dat die vrees vir die al groter wordende kapitaalwinsbrander, en die algemene renons wat ons daarin het om hierdie belasting aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens oor te betaal, veroorsaak dat gesonde besluitneming in die slag bly en beleggers besluite neem, of in baie gevalle nié neem nie, wat hul welvaartsplan saboteer. Dié beginsel smokkel meestal met beleggers se kop wat betref portefeuljes met ’n hoë konsentrasie aandele of waar ’n persoon of trust baie jare lank in ’n spesifieke effektetrust belê was sonder om ooit enige herbalansering te doen.

Baie wat dié lees, sal in die posisie wees waar hulle groot blootstelling aan byvoorbeeld Richemont, Naspers, Capitec of die een of ander aandeel het wat baie jare lank al goed vaar en oor tyd hul portefeulje begin oorheers het ten opsigte van hul relatiewe grootte. Die rondomtalie-denkproses wat dan dikwels gevolg word, lyk so: “Ek kan nie nou verkoop nie, want die kapitaalwins is te groot.”

Daal die aandeelprys egter wesenlik,wíl jy nie verkoop nie,“want die aandeel is nou te goedkoop” (dalk nou die geval met Naspers?). Wag ’n mens egter weer dat die aandeel herstel, is die kapitaalwinsbelasting (KWB) weer meer en jy sê vir jouself “hy is nou weer goed op dreef en dit sal dom wees om hom te verkoop terwyl hy nou weer sterk styg”. (Dink byvoorbeeld aan Sasol.)

Soos jy sien, raak jy verstrengel in ’n sirkelvormige redenasie wat tot besluitloosheid lei. Gevolglik hou jy aan om die aandeel of fonds te besit in sy hoogs gekonsentreerde formaat. Hier is ’n paar gedagtes wat moontlik kan help met die besluitnemingsproses oor wanneer en of dit die moeite werd is om die KWB-hou op die ken te vat.

Ek gebruik die voorbeeld van ’n R5 miljoen-belegging met ’n R2,5 miljoen-basiskoste.

Onthou die toekoms is nie noodwendig die verlede nie en selfs die hoogste bome hou die een of ander tyd op groei.

Baie akademiese literatuur sal vir jou sê dat hoogs gekonsentreerde portefeuljes die enigste pad na “vinnige” welvaart is. Ek kan nie hiermee stry nie, maar moet miskien net byvoeg dat dit ook potensieel die pad oor die afgrond is.

Dit sal beleggers loon om te onthou dat ‘n belegging ’n marathon is en nie ’n naelloop nie. Die voorloper ná tien jaar is nie noodwendig die wenner ná 15 jaar nie. Sien die tabel met ’n paar bekende voorbeelde (daar is vele meer) waar baie hoë langtermyn gemiddelde opbrengste (langer as tien jaar) oor ’n paar agtereenvolgende jare soos mis voor die son verdwyn het.

Wanneer beleggings by ekstreme valuasies begin verhandel, is die wyse besluit om wel te herbalanseer (en derhalwe die KWB-hou op die ken te vat), al lyk die besluit verkeerd wanneer die aandeelprys daarna aanhou styg.

Geen aandeel styg in ’n reguit lyn nie en daar sal weer geleenthede wees om ’n onderneming van goeie gehalte teen meer sinvolle pryse te bekom. Baie mense aanvaar herbalansering beteken jy verkoop die aandeel vir ewig, wat natuurlik nie is wat ek hier sê nie.

Die impak oor lang termyn is kleiner as wat jy moontlik dink.

Aanvaar gemiddelde langtermyngroei van 10% op die oorspronklike belegging vorentoe. Om die “verlies” aan groei op die R442 800 in die voorbeeld hierby te vergoed, moet die volgende bykomende groeikoerse behaal word om in dieselfde posisie te eindig:

  • Oor 10 jaar = 0,59% per jaar;
  • Oor 15 jaar = 0,50% per jaar; en
  • Oor 20 jaar = 0,42% per jaar.

Oorskry die voordele van herstrukturering die nadele van vervroegde KWB?

Indien die doel van verkoop ook is om bates na ’n trust of belastingvriendeliker entiteit te skuif, is dit belangrik om ook die langtermynuitwerking van ander belastings, soos boedel- en dividendbelasting, in ag te neem.

Gestel byvoorbeeld die R5 miljoen word verdeel tussen man en vrou (via ’n belastingvrye skenking) en dan geleen aan ’n trust waar die toekomstige groei vasgepen word in die onderskeie boedels, kan die totale groei voortaan uit die boedel gesluit word. Indien dit in twee uittreeannuïteite belê word en die ongebruikte krediete oor die oorblywende leeftyd benut word, kan dit uitgesluit wees van boedel sowel as dividend- en kapitaalwinsbelasting.

10% groei per jaar in die bate oor ’n 20-jaar-tydperk sal die oorspronklike belegging van R5 miljoen neem na R33,6 miljoen wat as ons aanvaar ander bates slurp die art. 4(a)-vrystelling vir boedelbelasting op, boedelbelasting van ruweg R6,9 miljoen gaan teweegbring (geen aanpassing is gemaak vir belastingkerwe nie), teenoor die R1 miljoen se boedelbelasting op R5 miljoen.

Hierdie voorbeeld is erg vereenvoudig en werklike bedrae sal natuurlik verskil op grond van die gehalte van die belegging en die beleggingsvoertuie ensomeer, maar dit behoort die beginsel duidelik te maak.

Om saam te vat:

  • Beleggingsbesluite behoort oor die algemeen nie suiwer weens belasting-oorwegings geneem of nie geneem te word nie.
  • Beoordeel jou beleggings met ’n skoon-blad-benadering. As jy nie jou portefeulje so sou saamstel indien ek die totale waarde vandag in kontant vir jou sou gee om toe te wys nie, is daar waarskynlik nie ’n goed genoeg rede waarom dit tans so behoort te lyk nie.
  • Onthou dat KWB (veral in ’n individu se naam) nie permanent uitgestel kan word nie. Die dood word geag as ’n verkooptransaksie.
  • Indien jy groot opgehoopte kapitaalwins in jou beleggings het wat besluitnemingsverlamming veroorsaak, ondersoek alternatiewe deur met ’n belastingkundige of gespesialiseerde welvaartbestuurder te gesels. Dit kan insluit ’n art. 42-bateruiltransaksie, die strategiese gebruik van annuïteite, ens.

Andró Griessel is ’n gesertifiseerde finansiële beplanner en besturende direkteur van ProVérte Wealth & Risk Management. Kontak hom by info@proverte.co.za. Hy skryf gereeld vir Sake.

Alhoewel alle moontlike sorg geneem is met die opstel van hierdie dokument kan die feitelike korrektheid van die inligting hierin vervat, nie gewaarborg word nie. Hierdie dokument behels nie advies nie en enigiemand wat enige finansiële optrede beoog op grond van hierdie dokument, word sterk aangeraai om eers met sy/haar persoonlike finansiële adviseur oorleg te pleeg. ProVérte Wealth & Risk Management is ‘n gemagtigde finansiële diensverskaffer met FSP no. 5966.

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X
Show Buttons
Hide Buttons
Samuel Rossouw CFP®
(BCommHons; Adv PGDFP)
Wealth Manager
Director

Contact

True to company culture, Samuel strives to build solid long term relationships with clients and has a meticulous way of identifying needs, defining goals and compiling an executable plan to reach one's goals. He firmly believes that one has to be a specialist in one's field to be able to add value, and continuous training & education is therefore paramount. To be objective and to have an independent approach to a client's planning is critical to make a difference.

Born & bred on a farm in the Montague region, Samuel matriculated in 2001 from Montague High School. He completed his BComm Honours degree in Business Management as well as his Postgraduate & Advanced Diploma in Financial Planning. Samuel is a CFP charter holder. Apart from a short stint at an agricultural company Samuel has spent his whole working career with ProVérte. Samuel is a shareholder and valuable member of the board of directors of ProVérte.