Tariewe styg, maar Sasria bly steeds die enigste opsie vir versekering teen onluste

Die versekeringsbedryf is onlangs geskok deur die kennisgewing dat Sasria (die South African Special Risk Insurance Association) hulle tariewe drasties vanaf 1 Februarie 2022 gaan verhoog.

Volgens Sasria was hulle genoodsaak om hulle tariewe te hersien na die onluste in Julie 2021.

Hierdie drastiese verhogings in Sasria-tariewe gaan ‘n groot uitdaging wees aangesien dit ‘n wesenlike groot verskil aan ons almal se versekeringspremies gaan maak.

Hierdie tarief-verhogings sal egter by die oorgrote meerderheid van ons kliënte eers amptelik van toepassing wees op die hernuwingsdatum van elke polis en nie reeds op 1 Februarie 2022 nie.

Ons sal vroegtydig met elke kliënt kommunikeer voor die tarief verhoging amptelik in werking tree en ook die nodige advies gee oor wat elkeen se opsies is met betrekking tot onluste versekering.

Aangesien alle versekeraars spesifiek dekking uitsluit in hulle polisse vir onluste gevare, is Sasria ongelukkig ons enigste opsie om teen die risiko vir onluste skade verseker te wees.

Met die gebeure van Julie 2021, waar winkelsentrums binne ‘n oogwink beroof en afgebrand is, het ons almal net weer besef hoe vinnig dinge verkeerd kan loop en hoe belangrik dit is om teen hierdie tipe risiko verseker te wees.

Alhoewel alle moontlike sorg geneem is met die opstel van hierdie dokument kan die feitelike korrektheid van die inligting hierin vervat, nie gewaarborg word nie. Hierdie dokument behels nie advies nie en enigiemand wat enige finansiële optrede beoog op grond van hierdie dokument, word sterk aangeraai om eers met sy/haar persoonlike finansiële adviseur oorleg te pleeg. ProVérte Risk Management is ‘n gemagtigde finansiële diensverskaffer met FSP no. 51584.

 

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X