Voorkom Versekeringseise Hierdie Winter

Neem proaktiewe stappe hierdie winter om jou eiendom en jou voertuig te beskerm. Vind uit hoe jy jou risiko vir eise aansienlik kan verminder.

 Winterwenke vir veilige motorbestuur:

Wintertoestande in Suid-Afrika bring unieke uitdagings op die pad mee. Volg hierdie wenke om veilig te bestuur:

  • Bestuur teen ‘n matige maar konstante spoed: Vermy skielike bewegings soos vinnige stuuraksies, of om vinnig te versnel of te rem. Gelykmatige bestuur help om trekkrag op gladde paaie te behou.
  • Werkende ruitvëers: Dit kan net ‘n breukdeel van ‘n sekonde wees wat die verskil tussen ‘n veilige reis en ‘n ongeluk op die pad kan bepaal en daarom stel ons voor dat jy elke jaar jou ruitveërs nagaan.
  • Instandhouding van bande: Moenie wag tot jou bande glad is nie, gaan dit gereeld na en maak seker dat dit genoeg loopvlak het.
  • Hou weersomstandighede in gedagte: Verminder jou spoed in ongunstige weersomstandighede, veral in mistige weer en swaar reën wanneer sigbaarheid swak is en paaie glad is.
  • Vermy spoedbeheer: Moet nooit spoedbeheer gebruik wanneer die paaie glad is nie, aangesien dit jou vermoë om vinnig te reageer kan verminder.


Beveilig jou huis hierdie winter:

Volg hierdie wenke om jou huis teen winterweer te beskerm:

  • Verhoed brandskade: Baie Suid-Afrikaners gebruik gasverwarmers en kaggels om warm te bly. Dis belangrik om skoorstene gereeld skoon te maak om blokkasies te verhoed wat kan lei tot brande. Wees ook waaksaam vir lekkende gas wat moontlike brande kan veroorsaak.
  • Maak geute skoon: Verwyder gereeld blare uit geute en afvoerpype om wateropbou en potensiële waterskade te voorkom.
  • Instandhouding van dakke: Inspekteer jou dak vir los teëls, krake of ander skade wat lekke of struktuurprobleme kan veroorsaak.
  • Voorkom gebarste geisers: Skielike temperatuurdalings kan veroorsaak dat jou warmwatersilinder vinninger uitsit en krimp. ’n Geiserkombers sal help om hitteverlies te verminder.


Deur proaktiewe maatreëls te tref kan jy die risiko van winterverwante versekeringseise aansienlik verminder.

Alhoewel alle moontlike sorg geneem is met die opstel van hierdie dokument, kan die feitelike korrektheid van die inligting hierin vervat nie gewaarborg word nie. Hierdie dokument is nie advies nie en enigiemand wat beplan om enige finansiële aksie op grond van hierdie dokument te neem, word sterk aangeraai om eers met hul persoonlike finansiële adviseur te konsulteer. ProVérte Risk Management is ‘n gemagtigde finansiële diensverskaffer met FDV no. 51584.

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X