Almal sien uit na die vakansie! Of jy nou weggaan of tuisbly, dit is belangrik om seker te maak dat jou korttermynversekering in plek is. Gedurende die vakansieseisoen neem misdaad, inbrake en motorongelukke toe, daarom is dit belangrik om seker te maak jou eiendom- en motorversekering is op datum. Hier is ‘n paar wenke om jou bates te beveilig.
Huisinhoudversekering
Dit is noodsaaklik om al jou waardevolle items, soos elektronika, meubels, juweliersware en kuns, voldoende te verseker. Onthou dat die huidige vervangingswaarde van jou items tel, nie die oorspronklike aankoopprys nie.
Wenke om Jou Huis Te Beveilig:
- Maak seker dat al die deure en vensters gesluit is en toets die werking van jou alarmstelsel voor jy met vakansie vertrek.
- Misdadigers hou soms wonings vir dae of weke lank dop. Indien dieselfde lig vir dae aaneen brand, dui dit gou daarop dat niemand tuis is nie – Skakel alle ligte af of tref reëlings met die bure om elke nou en dan ligte aan te skakel. Oorweeg ook sensorligte in jou tuin.
- Moenie gereedskap wat dit vir ’n inbreker gerieflik kan maak buite laat rondlê nie.
Motorversekering
Voor jy die langpad vat, maak seker jou versekering is in plek.
Wenke vir Padveiligheid:
- Gaan jou bande, remme en olievlakke na om seker te maak jou motor is in ‘n goeie werkende toestand.
- Volg verkeersreëls en moenie kanse op die pad waag nie. Die meeste ongelukke is as gevolg van dronkbestuur, roekelose bestuur en padreëls wat verontagsaam word.
- Neem rusperiodes: Stop elke paar uur om jou bene te strek en moegheid te voorkom.
Hersien Jou Polisse Jaarliks
Hersien jaarliks jou versekeringspolisse. Wees ook bewus van jou polisterme en wat gedek word.
Onseker oor jou versekering?
Mag elkeen veilig by julle bestemming aankom en met mooi herinneringe terugkom.