What Our Clients Say

I would personally just like to thank you for the really efficient handling of the vehicle claim. The speed with which it was resolved is very impressive.

J D‘Alton

Ek wil net baie dankie sê vir julle uitstekende bystand wat julle ons gegee het met hierdie eis.  Dit kon potensieël in ‘n lelike ding ontaard het, wat gelukkig nie gebeur het nie.  So weereens, baie dankie!

Franschoek Wine Tram

Nogmaals BAIE BAIE dankie vir jou vriendelike en flinke werk, julle is so behulpsaam met sake wat ons partykeer nie kop of stert van kan uitmaak nie!!!

Ons waardeer julle bitter baie!

Vredeberg Trust

Ons wil net vir julle BAIE dankie sê vir al julle moeite met ons waterskade eis en toe nog daarna die visstokke en yskas ook nog.  Ons kan nie genoeg vir julle dankie sê nie, maar ons wil julle ook komplimenteer met UITSTEKENDE diens.  Versekering was nog altyd vir ons soos ‘n las gevoel:  mens betaal maandeliks jou premie ten duurste en wanneer dit die dag kom wat jy iets moet eis, word daar altyd verskonings gesoek hoekom dit nie geëis kan word nie.  Dit was nog altyd ons ondervinding gewees in die verlede, maar nie met ProVérte nie!  Julle is net ‘n plesier om mee te werk en julle het ons opinie rondom versekering heeltemal verander.  Julle verstaan en doen moeite – iets wat ons glad nie geken het nie.  Bitter baie dankie daarvoor!  Dankie vir elke oproep, email, boodskap. Dankie is so klein woordjie, maar ons is opreg dankbaar dat ons by ProVérte kan wees met ons versekering.

Natko Cattle Rails & Gameviewers

Die beste van enige eis lê in die hantering daarvan.

‘n Eis is ‘n verlies….maar by ProVérte is ‘n eis die nuwe band van ongelooflike verhoudings!  Alles gebeur spontaan!  WOW!!

Dankie dat julle nie ‘n premie is nie, maar ‘n onbaatsugtige en eerbare besigheid is.  Ek wil getrou bly aan hierdie kombinasie.

Met risiko sal ek NOOIT kan vriende raak nie!  WANT, ….deur ProVérte…is alles aan my kant!

Dankie julle.

R Steyn

Dis die heel beste nuus OOIT!!!!

Ek wil vir julle so ONGELOOFLIK baie dankie sê vir al julle hulp en bystand met my eis. Ek kan nie eers die woorde vind om te sê hoe baie ek dit waardeer nie.  Ek waardeer ook julle goeie raad en advies en leiding soooo verskriklik baie. Dit is rerigwaar so gerusstellend om te weet dat ek sulke goeie backup het as dinge skeefloop asook om te weet dat al die maandelikse betalings wat ek elke maand vir my versekering betaal die moeite werd is.

Dit is darem rerigwaar min wat mens sulke voortreflike en uitmuntende fantastiese diens kry in die hedendaagse tye waarin ons leef en ek voel erg bevoorreg om op die ontvang-kant daarvan te wees!

Julle kan voorwaar trots voel op julself en kan verseker wees dat ek besig is om vir almal wat ek ken (en sommer vir almal wat ek nie ken nie ook) te vertel van jul briljante bystand.

D Rabie

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X