Tailored Risk Management Solutions
Insurance for
your Assurance
Insurance for your Assurance
Protecting what you value should be easy, accessible, and tailored to your unique needs. Let us take care of all your short-term insurance needs, from personal and commercial risk management to transport, agricultural, and specialist cover.
Who We Are
Professional
Risk Solutions for
Everything You Value
With over 25 years of experience in short-term insurance, ProVérte delivers risk management solutions to individuals and businesses across multiple sectors. Our expertise extends to specialist insurance for marine and aviation, classic cars, art, and collectables, ensuring tailored protection for your unique assets. Trusted by farmers throughout South Africa, our agricultural insurance specialises in stock, cellar, and crop protection with precision and care. We take time to understand your interests and needs, providing relevant, adequate, and effective cover that minimises risk.
What We Offer
We specialise in:
Recover Quickly
When Things Go Unplanned
Testimonials
What Our
Clients Say
I would personally just like to thank you for the really efficient handling of the vehicle claim. The speed with which it was resolved is very impressive!
— J D‘Alton
Ek wil net baie dankie sê vir julle uitstekende bystand wat julle ons gegee het met hierdie eis. Dit kon potensieel in ’n lelike ding ontaard het, wat gelukkig nie gebeur het nie. So weereens, baie dankie!
— Franschoek Wine Tram
Nogmaals baie dankie vir jou vriendelike en flinke werk. Julle is so behulpsaam met sake wat ons partykeer nie kop of stert van kan uitmaak nie. Ons waardeer julle bitter baie!”
— Vredeberg Trust
Ons wil net vir julle baie dankie sê vir al julle moeite met ons waterskade eis en toe nog daarna die visstokke en yskas ook nog. Ons kan nie genoeg vir julle dankie sê nie, maar ons wil julle ook komplimenteer met uitstekende diens. Versekering het nog altyd vir ons soos ‘n las gevoel: mens betaal maandeliks jou premie ten duurste en wanneer dit die dag kom wat jy iets moet eis, word daar altyd verskonings gesoek hoekom dit nie geëis kan word nie. Dit was nog altyd ons ondervinding gewees in die verlede, maar nie met ProVérte nie! Julle is net ’n plesier om mee te werk en julle het ons opinie rondom versekering heeltemal verander. Julle verstaan en doen moeite – iets wat ons glad nie geken het nie. Bitter baie dankie daarvoor! Dankie vir elke oproep, e-pos, boodskap. Dankie is so klein woordjie, maar ons is opreg dankbaar dat ons by ProVérte kan wees met ons versekering.”
— Natko Cattle Rails & Gameviewers
Die beste van enige eis lê in die hantering daarvan. ’n Eis is ’n verlies, maar by ProVérte is ’n eis die nuwe band van ongelooflike verhoudings! Alles gebeur spontaan! Wow!! Dankie dat julle nie ’n premie is nie, maar ’n onbaatsugtige en eerbare besigheid is. Ek wil getrou bly aan hierdie kombinasie. Met risiko sal ek nooit kan vriende raak nie! Want, met ProVérte, is alles aan my kant! Dankie julle.”
— R Steyn
Ek wil vir julle so ongelooflik baie dankie sê vir al julle hulp en bystand met my eis. Ek kan nie eers die woorde vind om te sê hoe baie ek dit waardeer nie. Ek waardeer ook julle goeie raad en advies en leiding so verskriklik baie. Dit is regtigwaar so gerusstellend om te weet dat ek sulke goeie backup het as dinge skeefloop asook om te weet dat al die maandelikse betalings wat ek elke maand vir my versekering betaal die moeite werd is. Dit is darem regtigwaar min wat mens sulke voortreflike en uitmuntende fantastiese diens kry in die hedendaagse tye waarin ons leef en ek voel erg bevoorreg om op die ontvang-kant daarvan te wees! Julle kan voorwaar trots voel op julself en kan verseker wees dat ek besig is om vir almal wat ek ken (en sommer vir almal wat ek nie ken nie ook) te vertel van jul briljante bystand.”
— D Rabie
Baie dankie. Ek waardeer soos altyd julle wonderlike diens. Baie, baie dankie dat jy daar was Dinsdag. Julle gaan werklik altyd die ekstra myl!”
— L Spies
Baie dankie julle. Dit is nou nie ‘n groot bedrag nie, maar ‘n goeie voorbeeld hoekom ons by ProVérte bly. Die ekstra moeite wat julle insit word raakgesien.”
— HJ Human
Dankie vir die terugvoering. Die bedrag is in my rekening inbetaal. Weereens dankie vir jou moeite en uitstekende diens. Jy is ’n groot aanwins vir ProVérte en dis ’n voorreg om ’n klient van jou en ProVérte te kan wees.”
— C Franken
Baie dankie vir die moeite en julle puik diens met die eis van bakkie. As julle ons nie so bygestaan het nie sou betaling nou nog nie geskiet het nie.”
— J van As
Baie dankie vir jou voortreflike diens. Dis werklik bemoedigend om in vandag se tye nog sulke uitstekende diens te ontvang.”
— K Burger
Ek moet sê, ek is nogals baie beïndruk met hoe julle (jy spesifiek), ’n derde party eis hanteer, waar ek nie eers die kliënt is nie. As ’n reël, wag die derde party dat hy/sy geholpe raak, met min tot geen kommunikasie van die ander party. Ek dink ek moet dalk vir julle ook vra om op een van my korttermynpolisse te kwoteer, en dalk te kyk na ander areas ook.”
— J Marais






















Get in Touch
We Are Here for You
Allow us to answer your queries and ensure that your risk management needs are met according to your expectations.
- Reach Us Through:
- +27 21 872 0765