Hersien jou dekking en maak seker jy is gereed vir 2026
Die gesprek oor dekking is besig om te verander in 2026. Die vraag is nie meer of jy versekering het nie, maar eerder of jou dekking jou sal dra op die dag wanneer jy dit regtig nodig het. As jy jou polis al vir ’n jaar of langer nie hersien het nie, is die kans goed dat jou waardes en jou risiko’s nie meer ooreenstem nie. En dis presies waar mense se grootste finansiële ontnugtering begin.
Maak seker jou polis weerspieël die werklike impak van inflasie
Bou-, herstel- en vervangingskoste styg elke jaar. Die gevolg is, jy kan maklik onderverseker wees sonder dat jy dit besef. Baie mense ontdek eers met ’n eis dat die uitbetaling nie genoeg is om alles te vervang of te herstel nie.
Jou behoeftes & risiko’s verander en jou dekking moet aanpas
Jou lewe verander, en daarmee saam jou risiko. Wanneer jy nuwe bates koop, opgradeer of na ’n nuwe huis trek, verander jou risiko. Maak seker jou polis groei saam met jou.
Wees proaktief
Persoonlike advies kan die verskil tussen voldoende en onvoeldoende versekering beteken. Ons adviseurs werk saam met jou om praktief op te tree en seker te maak jou bates en besigheid is ten volle beskerm. Ons gee advies rakende instandhouding, herstel- of vervangingskoste, risiko’s en rekordhouding en hersien jaarliks jou polis. Indien jy wil eis, staan ons jou by om seker te maak jou uitbetaling verloop glad. Ons maak ook seker dat jy net betaal vir dit wat jy nodig het, sodat jy nie onnodige onkostes aangaan nie.
Kom ons kyk na al jou versekeringsopsies in 2026. Gesels met ’n adviseur.