ProVérte

Vakansies moet 'n tyd wees om te ontspan, nie vir bekommernis nie

Die lang verwagte vakansie wink vir jou en die opgewondenheid is groot, maar moenie vergeet om reisversekering uit te neem voor jy vertrek nie.

Die eerste gedagte wat opkom as daar aan reisversekering gedink word, is mediese noodgevalle en die gepaardgaande kostes wat daarmee saamgaan, maar reisversekering bied soveel meer as net dit.

Reisversekering is veral nuttig as jy internasionaal reis, reeds mediese toestande het, of bekommerd is oor moontlike reiskansellasies, vertragings of verlore bagasie. Dit bied ook gemoedsrus om te weet jy is gedek vir mediese noodgevalle en ander onvoorsiene omstandighede.

Terwyl jy vir jou versekering in ‘n plaaslike geldeenheid betaal, sal enige mediese uitgawes in buitelandse valuta gedek word indien jy buite die grense van Suid-Afrika reis.

Jy voel dalk jy het nie ekstra reisversekering nodig nie, want jou kredietkaart of mediesefonds sluit gratis dekking in, maar die meeste komplimentêre versekeringsprodukte se dekkingslimiete is laer en daar is meer beperkings van toepassing.

Kontak ons gerus vir ‘n gratis kwotasie om jou in staat te stel om dekkings te vergelyk en ‘n ingeligte besluit te neem.

Kry ’n kwotasie vandag

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X