Wat is ‘n Elektriese Sertifikaat van Voldoening (CoC) en hoekom word dit verlang?

‘n Elektriese Sertifikaat van Voldoening (CoC) is ‘n wetlike dokument wat sertifiseer dat ‘n eiendom se elektriese installasies aan die Suid-Afrikaanse veiligheidsstandaarde voldoen soos uiteengesit in die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid van Elektriese Installasies van Suid-Afrika.  

JY MOET TE ALLE TYE ‘N SERTIFIKAAT VAN VOELDOENING VIR JOU EIENDOM HÊ

Die wet is baie duidelik hieroor en verklaar dat elke eiendom in Suid-Afrika ‘n CoC in plek moet hê. 

ALLE BYKOMENDE ELEKTRIESE WERK VEREIS ‘N CoC-ADDENDUM OM UITGEREIK WORD

Voeg jy ‘n sonkraginstallasie by? Verander jy jou lapa-bedrading? Installeer jy ‘n swembadpomp?

Die wet bepaal dat “enige toevoeging of verandering” aan jou elektriese installasie vereis dat ‘n CoC-addendum uitgereik moet word. Die wet is ook duidelik dat jy nie ‘n addendum vir hierdie werk kan uitreik as jy nie ‘n CoC vir jou hele eiendom het nie.

Indien jou versekerde eiendom enige skade ly as gevolg van ‘n elektriese fout, kan die versekeringsmaatskappy van die eienaar vereis om ‘n geldige elektriese sertifikaat aan hulle te verskaf. Versuim om die dokument voor te lê, kan daartoe lei dat die versekeringsmaatskappy die eis weier.

Dit is dus van kardinale belang dat die CoC te alle tye in plek moet wees en op datum is.

Indien u advies benodig oor u dekking, kontak gerus ons span kundiges vandag: https://proverte.co.za/contact-us/

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X