Landbou Implemente: Bande dekking

Landbou-kliënte besit ‘n wye verskeidenheid voertuie, werktuie en stropers, wat daagliks aan verskeie risiko’s blootgestel word – onder andere skade aan bande. Verskeie faktore kan skade aan bande veroorsaak. Slaggate, versteekte voorwerpe in landerye en ongelyke padoppervlaktes is net ‘n paar voorbeelde.

Deur die volgende vrae te vra sal jy kan vasstel of die huidige bande dekking op jou Agri-polis in orde is en voldoende is volgens jou behoeftes:

  • Sluit jou polis outomaties bande dekking in en vir watter bedrag?
  • Is die dekking per gebeurtenis of per band? Waar meer as een band vervang moet word is dit belangrik om seker te maak dat indien die dekking per gebeurtenis is, die bedrag genoegsaam is om beide bande te vervang en dat daar nie aanvaar word dat die perk per band is nie.
  • Watter tipe skade sal hier geëis kan word? Sal herstelkoste aan ‘n band ook geëis kan word? Sommige versekeraars dek slegs ‘n totale verlies waar die band onherstelbaar beskadig is. Maak ook seker watter tipe gebeurtenisse wel gedek is in terme van jou polis.
  • Vir watter tipe implemente is die dekking beskikbaar? Van die versekeraars bied slegs dekking op stropers, terwyl ander voorsiening maak vir enige landboukundige implemente.
  • Maak jou polis voorsiening om beide bande te vervang wanneer slegs een beskadig is? Sommige vervaardigers van sekere implemente vereis dat beide bande vervang word aangesien meganiese skade kan plaasvind waar die loopvlak tussen ‘n ou en nuwe band te veel verskil.
  • Kan die dekking verhoog word sou die dekking wat outomaties ingesluit is nie genoegsaam wees nie?

 

Dit is belangrik dat jy as versekerde seker maak jy verstaan watter dekking jy geniet vir hierdie tipe skade.

Indien u advies benodig oor u dekking, kontak gerus ons span kundiges vandag.

Alhoewel alle moontlike sorg geneem is met die opstel van hierdie dokument, kan die feitelike korrektheid van die inligting hierin vervat nie gewaarborg word nie. Hierdie dokument is nie advies nie en enigiemand wat beplan om enige finansiële aksie op grond van hierdie dokument te neem, word sterk aangeraai om eers met hul persoonlike finansiële adviseur te konsulteer. ProVérte Risk Management is ‘n gemagtigde finansiële diensverskaffer met FDV no. 51584.

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X