Skip to main content

ProVérte – Insurance for your Assurance

Maak seker jou dekking beskerm jou deur elke storm

Hersien jou korttermynversekering voordat skade ontaard in verlies

Die onlangse storms in die Wes-Kaap was vir baie huishoudings en besighede ’n tyd van groot verlies. Dit dien ook as ’n herinnering dat onvoorsiene omstandighede selde kom met ’n waarskuwing. Korttermynversekering kan nie skade voorkom nie, maar dit verminder die finansiële verlies wat jy sou ervaar sonder dit. Wanneer risiko onverwags aan jou deur kom klop, is  die regte versekeringspolis juis daar om jou te help om meer gemaklik van die skade te kan herstel.

’n Polis is nie genoeg as jou waardes verouderd is nie

Een van die grootste risiko’s ná  ’n verlies is onderversekering. Indien jy nie teen huidige vervangingswaardes verseker is nie, kom ’n groot deel van die koste ná skade plaasgeving het uit jou eie sak.

Jou versekeringsdekking moet die huidige vervangingswaarde van jou bates weerspieël, nie die bedrag wat jy jare gelede daarvoor betaal het nie. Dit is waarom dit belangrik is om jou polis gereeld te hersien. Verbeterings aan jou woning en stygende boukoste kan ’n beduidende invloed hê op die waarde waarvoor jou eiendom verseker behoort te wees.

Instandhouding bly deel van goeie risikobestuur

Die doel van versekering is om jou te beskerm teen finansiële verliese wat voortspruit uit skielike en onvoorsiene gebeurtenisse. Gereelde instandhouding is egter noodsaaklik. Skade wat met verloop van tyd ontwikkel en nie betyds herstel word nie, soos ’n dak wat lek of ander strukturele gebreke, kan ’n negatiewe invloed op die uitkoms van ’n eis hê.

Voordat die volgende storm aanbreek, is dit belangrik om jou eiendom na te gaan vir enige risiko’s wat kan lei tot verliese. Gereelde instandhouding is ’n eenvoudige manier om te bewys dat jy die nodige stappe geneem het om jou eiendom te beskerm en om te verseker dat jou eis sonder onnodige komplikasies afgehandel word.

Wees altyd voorbereid met ProVérte

By ProVérte help ons kliënte om hul dekking prakties te hersien, moontlike gapings te identifiseer en seker te maak hul versekering pas by die huidige risiko’s. Moenie wag vir die volgende storm om uit te vind of jou dekking genoeg is nie. Laat ons seker maak jy bly beskerm deur elke storm.

Kontak ProVérte vandag

We use cookies to improve your experience on our website. By continuing to browse, you agree to our use of cookies
X