Sommige motors word nie sommer oud nie
Wanneer jou klassieke motor se waarde verander, behoort jou versekering daarby aan te pas.
’n Klassieke motor kan ’n belangrike rol speel in jou lewe, hetsy dit deel is van ’n versamelstuk wat oor naweke vir ’n kusroetes benut word, of as ’n belegging aangekoop is vir jou familie se toekoms. Daarom behoort dit nie soos jou alledaagse motor verseker te word nie.
Die jaar van vervaardiging en model bepaal ’n klassieke motor se werklike waarde. Hoe jy dit egter gebruik, waar jy dit stoor en wat nodig sal wees om dit ná skade behoorlik te herstel, bepaal die tipe dekking wat jy sal benodig.
Die nuwe geslag van klassieke motors
Die mark is nie meer beperk tot seldsame voertuie uit ’n vorige eeu nie. Voertuie uit die 1980’s, 1990’s en vroeë 2000’s lok toenemend belangstelling deur versamelaars. Dit kan beteken dat jou Volksie moontlik as ‘n klassieke voertuig verseker kan word.
Motors word as gesog beskou op grond van faktore soos skaarsheid, lae kilometerlesings, plaaslike en internasionale betekenis, eienaarskap, asook die gehalte van herstel- of restourasiewerk.
Spesialiswaardasie
Twee voertuie van dieselfde jaar en model kan aansienlik in waarde verskil op grond van hul toestand, oorspronklikheid, herkoms en restourasiegeskiedenis.
’n Spesialiswaardasie kan help om ’n meer akkurate markwaarde van jou motor te bepaal. Dit is belangrik dat jou polis die ooreengekome versekerde waarde aandui. Dit help om onsekerheid tydens ’n eis te beperk.
Restourasie herstel nie altyd die waarde nie
Restourasie van ’n klassieke motor kan meer behels as net die koste van paneelwerk en onderdele, veral wanneer parte skaars is om in die hande te kry. Die motor se waarde kan selfs ná goeie herstelwerk daal omdat dit nie meer ongelukvry is of al sy oorspronklike onderdele behou nie, maar sekere polisse bied innoverende dekking, bekend as inruilbeskerming wat jou beskerm teen afname in die voertuig se kleinhandelswaarde na ‘n gedeeltelike verlies
Wanneer restourasie aan ’n klassieke motor gedoen word, neem ’n versekeraar gewoonlik die volgende in ag:
- Toegang tot ’n geskikte spesialis hersteller
- Die invoer van skaars onderdele
- Vervoer- en lugvragkoste vir die onderdele
- Verwydering van die wrak
Dekking wat saam met jou motor reis
Klassieke motorversekering bevat dikwels voorwaardes oor wie die motor mag bestuur, hoeveel kilometer per jaar afgelê mag word en waarvoor die motor gebruik mag word.
Dit is belangrik om seker te maak of jou polis dekking bied vir byvoorbeeld:
- Uitstallings en motorskoue
- Troues, geleenthede of betaalde vertonings
- Reise oor landsgrense
Die stoor en sekuriteit van jou motor is net so belangrik. Die polis kan vereis dat die motor in ’n geslote motorhuis gehou word of met bepaalde sekuriteitstoerusting toegerus is.
Praktiese vrae indien jy ’n klassieke motor besit:
- Is jou motor deur ’n spesialis gewaardeer?
- Stem die waardasie ooreen met die bedrag op jou polisskedule?
- Hou die bedrag tred met die huidige versamelmark?
Beskerm dit wat waardevol is met die regte dekking
By ProVérte weet ons dat party bates selfs meer vir jou beteken as wat dit werd is. Indien jy ’n klassieke motorversamelaar is, wil uitvind of jou Volksie onder hierdie tipe dekking val, of gespesialiseerde leiding benodig om jou motor te beskerm, kontak ons voordat jy weer die sleutel draai.
Kry dekking wat aanpas by jou behoeftes en jou leefstyl.