Wanneer ‘n brand op die versekerde se eiendom uitbreek kan die versekerde regtens aanspreeklik gehou word vir skade wat aan naburige eiendom veroorsaak word as gevolg van die verspreiding van die brand. Die Gemeenregtelike Aanspreeklikheid-afdeling sal die eienaar teen hierdie aanspreeklikheid beskerm indien die uitbreiding uitgeneem is.
Die koste om skade tot die minimum te beperk, kan groot uitgawes tot gevolg hê. Die brandbluskostedekking beskikbaar onder die Gemeenregtelike Aanspreeklikheid-afdeling van meeste korttermyn Agri versekerings polisse vrywaar die versekerde teen alle redelike brandbluskostes en uitgawes waarvoor die versekerde regtens aanspreeklik gehou kan word as gevolg van die blus of bestryding van ‘n brand (insluitend watergooi-aktiwiteite vanuit die lug) om die verspreiding van sodanige brand buite die grense van die versekerde se eie perseel te voorkom.
Wat is ‘n Brandbeskermingsvereniging (BBV)?
Dit is ‘n vereniging wat deur grondeienaars gevorm word met die doel om veldbrande in ‘n gebied te probeer voorspel, te voorkom, te bestuur en te help bestry om lewens, eiendom en die omgewing te beskerm.
Is lidmaatskap van ‘n BBV verpligtend?
‘n Lidmaatskap is nie verpligtend nie en lede kan vrywillig daarby aansluit. Dit is belangrik om seker te maak of jou versekeringspolis dalk vereis dat jy aan ‘n BBV moet behoort.
Daar is verskeie voordele om aan ‘n BBV te behoort, onder andere:
- Samewerking van BBV lede help dat hulpbronne gedeel word wat lei tot die beskikbaarheid van meer toerusting.
- Beter kommunikasie tussen lede oor byvoorbeeld veldbrandgevare en risikobestuur.
- Indien jy ‘n BBV lid is en aan die wet van die BBV se reëls voldoen, is dit die eiser se verantwoordelikheid om op sy / haar onkoste te bewys dat jy nalatig was. Indien jy nie ‘n lid van ‘n BBV is nie, moet jy jou onskuld bewys.
- Jy kan moontlik kwalifiseer vir ‘n laer premie onder die aanspreeklikheid afdeling indien jy ‘n lid is.
Deur ‘n lid van ‘n geregistreerde Brandbeskermingsvereniging (BBV) te wees, is een van die beste maniere om die risiko proaktief te bestuur.
Indien u advies benodig oor u bestaande versekering, kontak ons span kundiges vandag
Alhoewel alle moontlike sorg geneem is met die opstel van hierdie dokument, kan die feitelike korrektheid van die inligting hierin vervat nie gewaarborg word nie. Hierdie dokument is nie advies nie en enigiemand wat beplan om enige finansiële aksie op grond van hierdie dokument te neem, word sterk aangeraai om eers met hul persoonlike finansiële adviseur te konsulteer. ProVérte Risk Management is ‘n gemagtigde finansiële diensverskaffer met FDV no. 51584.